Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie, want sy weet van Owen se dogter se geheim, oor Jakob Olwage . . .As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool h ...
Mia Bindemann skryf vir ’n lewe. Maar anders as wat sy graag wil, skryf sy nie artikels of nuusberigte nie. Sy skryf sepie-opsomminkies vir Nuusweek se TV-gids. Dan kry sy haar kans: Nuusweek stuur haar na Bahrein, ’n eksotiese woestyneiland in die Midde-Ooste, ’n plek bekend as die Tuin van Eden. Sy moet ’n artikel gaan skryf oor ’n bomontploffing op ’n veerboot waarin baie Suid-Afrikaners dood is. Maar dit kan nie sommer enige artikel wees nie ...
Danielle Malan is ‘n vurige vegter vir vroueregte, bekwame egskeidingsprokureur en vennoot van Marais, Malan en Boshof. Niemand se haar voor nie en sy haat veral ontroue mans. Alles omtrent haar is strek onder beheer. Of so het sy gedink, totdat vervlakste Naude Boshof sy lang lyf in die kantoor langs hare kom neerplak het en haar kop kom omkrap het. Laat een aand kap hy haar byna katswink met sy kantoordeur en die vonke spat, maar daar blom ook ...
Dokter Emesia, wat pas haar eie praktyk gekoop het, maak teensinnig ’n belofte aan haar sterwende vriendin om vir drie maande as verpleegster by die Rhodes-Inn in Livingstone, Zambie te gaan werk. Emesia het egter haar eie plan: sy wil die Fransman, Rex, wat op haar elfde verjaarsdag aan haar belowe is, ontmoet en hopelik terugbring Suid-Afrika toe. Wanneer sy in Livingstone kom, is dit egter nie Rex wat haar hart laat vinniger klop nie, maar De ...
Die bodem val uit Candy Cilliers se wereld toe haar ouers feitlik oornag alles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar oom, Fouche Mulder, en sy is die een wat die gelag moet betaal. Letterlik. Hy verwag van haar om vir hom te gaan huishou, erens in die grammadoelas waar hy sowaar toelaat dat mense onskuldige bokkies met gewere jag, en haar kwasterige ouma te help versorg.Candy arriveer op die plaas met 'n verstuite enkel, midde-in ...
Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op ’n stormsee vasgekeer: daar het ’n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou. Sy erken sy het haar man soms afgeskeep, maar dis immers iets wat reggemaak kan word. Sy weet Ruan het haar steeds lief. Tog wil hy van haar skei . . .’n ...
Desperate times call for desperate measures. Mieke le Roux se uitgewery, Vianne Boeke, is in die knyp. Met net ’n handvol skrywers op haar boeke kan sy nie bekostig om skrywers aan Vollenhoven en Verwey af te staan nie. Ook nie om foute met kontrakte te maak, verkeerde ISBN nommers te gebruik en e-posse te vergeet nie. En dit is maar net die begin van Mieke se probleme! Want daar is ook ’n pers fluweel bank, Katolieke priester en Markus, die moo ...
Hoe het hulle geleef, en wat het hulle gevoel – daardie oermense wat langs ons Suidkus geleef het, wie se nasate ons die San en die Khoi noem?Wie kan saampraat met hulle, die “eerste mense” van wie ons net oorblyfsels van groot mites, tergende rotsprente en enigmatiese artefakte het?Eintlik is dit net die digkuns wat dit kan waag om in hulle stiltes in te beweeg. ...
Dorkasbaai is ‘n bar en afgesonderde strandplaas aan die Weskus. Ook die mense wat daar woon het bar geword van afsondering, veral Eli van Egeren en sy seuns, Joac en Benjamin. Waarom wil Fransie van Zyl dan haar gemaklike stadsbestaan laat vaar om juis Dorkasbaai toe te gaan? Die antwoord le verskuil in die blou bladsye van die briewe wat Melissa von Meelis, haar stiefmoeder, nagelaat het. Daar gaan soek Fransie die sleutel tot haar onverstaanb ...