’n Heerlike tweeluik. In Appelbloeisels en jasmyn hou Erika Hough stoksielalleen wittebrood aan die suidkus. Wanneer ’n mosbevlekte bottel uitspoel op die strand – met die adres van ’n wildvreemdeling daarin – huiwer sy nie om haar siel op papier bloot te le nie. Die gevolge van die brief sou sy in haar wildste drome nie verwag het nie. Sy word byvoorbeeld ’n gratis vakansie op die Comore aangebied, en dan word dinge eers interessant. En in Erf ...
Die verhale in hierdie omnibus is: Drome van liefde: Rondom die verbreking van Sanet se verlowing met Nardus is daar ’n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sal nooit weer ’n ernstige verhouding met enige man aanknoop nie. Toe sy dus agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius, ernstig voel oor haar, besluit sy om te vlug. Erens is daar liefde: Lara en Wiehahn se paaie kruis keer op keer. Maar waarom wil hy nie vir haar se wat s ...
Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoener-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar die goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in ’n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espino raak hartstog egter ’n vlam wat ’n vlinder se vlerkies kan skroei . . .Son op die horison: Kort na haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstude ...
Ena Murray se “Paradys-sage” is ’n familieverhaal wat oor vier geslagte strek en enige hedendaagse TV-sepie die loef afsteek wat betref rykheid aan intrige. Die verhale in hierdie omnibus is Die dieper droom, Huise van klei, Soekers na die son en Terug na Eden. Die gemene deler in al vier heerlike verhale is die Karooplaas genaamd Paradys. ...
Monique se passie is verpleging en haar pasient, die ryk ou Matty Olsen, se welsyn is haar enigste prioriteit – of dit was totdat sy vir Joseph ontmoet het. Hy is ’n man met geheime en ’n misterieuse geskiedenis. Hy’s net moeilikheid, en sy probeer holderstebolder om die emosies dood te druk wat sy onsekere bruin oe in haar aanwakker. Maar Joseph is ’n gas in oom Matty se huis en toe hy oornag “kleinkindstatus” verkry, kom Monique se handskoene ...
Jemma het niks lus om haar vakansie op te offer om vroedvrou vir die sterre te speel nie en sy weier volstrek toe dokter Reuben Stiller haar nader om pop-ikoon Kaydee se eersteling op haar bosveldplaas te vang. Jemma is geen dokter se handlanger nie, dankie, daarvoor is sy gans te onafhanklik. Sy het egter nie rekening gehou met die mooie Reuben se oorredingsvermoe nie. Teen haar beterwete stem sy in om Kaydee se tuisbevalling te hanteer en om v ...
Zandri was sewe jaar lank weg van Wyedraai, waar sy as kind salige vakansies by haar grootoom op sy perdeplaas deurgebring het. Die dorpie gons nou behoorlik: Hier kom sy aangery in ’n gekrokte viertrekvoertuig, en ’n gesiene familie van die dorp het haar in Londen, waar sy die afgelope jare gebly het, aangetref met ’n kind . . . haar kind, buite die eg, het sy kwansuis vir hulle gese. Ou vriende kyk haar nou met afkeer aan en Ferdinand, haar ti ...
Geskei op 25, en dit met net ’n BA-graad op haar naam. Wat op aarde gaan Mieke met haarself maak? Vir die wereld lyk sy soos net nog ’n blonde Pretoria-poppie met geen werkservaring nie. In haar ouerhuis kan sy nie ’n oomblik langer bly nie, en sy vat impulsief die pad saam met haar band groupie van ’n sussie, Kayla, en die se vriendin Darling (hulle verkies die term “band bitches”) waar hulle die band Siek se toer deur die binneland volg.Mieke ...
Nuweling-skeepsverpleegster Justine was allermins op ’n manvang-missie toe sy die pos op die luukseskip die Moon Goddess aanvaar het. Sy wil ’n bietjie die wereld sien en interessante mense ontmoet – en, as sy eerlik is, ontsnap van haar dokter-eks, Jacques. Maar wat gebeur sodra sy aan boord stap? Dis net mans oral: die sexy Griekse eerste-offisier George Klopas, vrolike offisier Jim Sylvester, wat dadelik ’n ogie op haar het, die gladde Ierse ...