Pad na die skavot is ’n spanningsvolle Kaapse verhaal. Vir Celeste du Toit is Armand de Bordeaux meer as ’n werkgewer – hy is haar droomheld. Sy weet egter dat haar drome oor hom drome sal bly, want hy is ’n graaf, ’n skatryk edelman, en sy ’n gewone bediende. Maar dan bevind sy haar in ’n avontuur wat haar hele lewe omverwerp.In Erfenis van liefde is Camille Rambart ’n pragtige negentienjarige meisie wat in ’n krot grootword nadat goewerneur Wi ...
In ’n poging om te ontsnap uit die knellende bestaan van armoede en sosiale isolasie wat haar ouerhuis kenmerk, kom Elna Osman in Skepe in die nag voor brandende kwessies te staan. In Die huis langsaan verhuis Luther Luyten na Beukendal om veral die beeldskone Rhoda Baird vanuit Kaapstad agterna te lok sodat sy onder haar skatryk ouers se invloed kan uitkom. Dan ontmoet hy die ewe mooi Trix wat bedags verpleeguniform dra en in die nag kitaar spe ...
Hierdie opeenvolgende romans gaan oor die aangrypende ervarings van ’n jong meisie uit die onderdorp wat uiteindelik die vrou van ’n vooraanstaande politikus word. In As die wind daaroor gaan ontdek die agtienjarige Nickey dat sy swanger is . . . pas nadat haar skoolkys, Terence, vertrek het om grensdiens te gaan verrig. Ramp volg op ramp . . . en na die nuus dat Terence gesterf het in ’n landmynontploffing, willig Nickey eindelik in om te trou ...
n Kronkelpad na geluk werk Jessica op Biesiesdal in oom Josie se slaghuis en loseer sy by tant Mart – vir hulle is sy amper net soos ’n dogter. Maar haar liefdeslewe is ’n warboel. Jessica se verhouding met twee aantreklike broers en ’n oudsenator se boheemse dogter sorg dat die verhaal ’n pad loop wat nooit ’n vervelige oomblik het nie.In Jy behoort aan my lei Sura se ontmoeting met Hennie op Komslaagte tot groot ontberings. Verkragting en ’n a ...
In Rista ontmoet die hoofkarakter vir Pieter, ’n prokureur wat op haar verlief raak. Sy voel egter nie dieselfde oor hom nie, en hy probeer selfmoord pleeg. Pieter se broer Chris sweer dadelik wraak teen die meisie wat vir sy broer se ongeluk verantwoordelik is. Maar dan raak ook hy verlief op Rista.In Die eerste skakel raak Tobie verlief op die skone Amanda. Daar is net een groot probleem, en dis dat die pragtige Amanda verlief en verloof is aa ...
In Eiland van geheime beland kinderoppasser Marne op Flaminke-eiland. Dis ’n eiland vol tergende geheime, maar ook liefdesmoontlikhede, want sy moet kies tussen twee interessante mans.In Reenboog van jou hart is Lanja ontnugter deur die liefde. Dan ontmoet sy die skugter argitek Rosseau, en hulle word dadelik vriende. Maar wat voer sy besonder aantreklike broer, Benno, in die mou? Is hy die gewetenlose rokjagter wat almal se hy is? En in Bitters ...
’n Droomvakansie in Mauritius saam met Johnny Depp … oftewel Hagen van Tonder van Johannesburg. Kari Beyers het uit vyfhonderd aansoekers sy kortlys gehaal en toe die jawoord gekry, en dis koebaai-meraai vir haar blou blikhuisie op Komga, haar werk in die dorpsbiblioteek, haar hond en haar kat. Dat sy ’n plaasvervanger is vir Hagen se meisie wat hom op die nippertjie gelos het toe hy alreeds die vakansie by die luukse strandhotel bespreek het, k ...
In hierdie debuutbundel word die vier aparte leefruimtes van ’n sprekerstem poeties ontgin. Die studentedorp, die voorstad, die stad en ook die platteland word op soms speelse, soms intieme wyses ondersoek, en die verweefdheid van ruimte en identiteit word stadig aan die leser uitgele. In al hierdie ruimtes is die grootste bindende faktor die alomteenwoordigheid van kuns, en dan spesifiek die blik van die digter. Maar dit is nie ’n eenheidsbunde ...