Lisa het Karoo toe gekom om haar vriendin Tillie deur ’n moeilike swangerskap by te staan. Dis al. Sy hou niks van die stowwerige Karoo nie, en sy’t allermins hierheen gekom op soek na ’n man – sy’t immers onlangs eers ontslae geraak van haar vatterige verloofde. Tillie se buurman en haar man se groot vriend, Kallie, is ’n buffel en glad nie haar tipe nie. En tog . . . Wanneer Kallie ’n krisis deurmaak en baie buitengewone hulp van Lisa nodig he ...
Valdi en haar niggie Fiela het lank gespaar vir hul Europese vakansie. Hulle kom op die ingewing van die oomblik ook na Capri, maar binne minute van hul aankoms, sien Valdi al in haar geestesoog hoe die hele vakansie in ’n opperste nagmerrie ontaard. Want wie tref sy op die idilliese eiland aan? Niemand anders nie as haar groot skoolliefde, Duard, die een wat haar hart gebreek het, haar in die afgrond in verneder het, haar stoksielalleen met die ...
Koue water en kaviaar: Carina is gelukkig getroud, maar Tinus se prokureursklerk-salaris hou kwalik die pot aan die kook. Wanneer sy egter uitspring en werk kry by ’n uitgewery, voel Tinus in sy eer gekrenk. En boonop is die uitgewery se hoofbestuurder ’n sjarmante, aantreklike duiwel . . . Marietjie, Maraia, Maryne: Lugwaardin Maryne Landman kry dit hotagter. Sy het pas haar kerel afgese, en dan word sy byna deur ’n besope passasier verwurg. No ...
In Ter wille van ons drome leer vier vroue mekaar in ’n ginekoloog se spreekkamer ken. Elkeen begeer met haar hele hart ’n eie kindjie . . . maar vrugbaarheidsbehandeling sal eenvoudig nie help nie. En dr. Van Warmelo stel ingrypende alternatiewe voor – aanneming, kunsmatige inseminasie, surrogaatmoederskap . . .En in Kinders van KIS word die aangrypende tweeluik afgesluit. Dit is twintig jaar later, en dit is nou dat daar geoordeel kan word of ...
In Marijke Greeff se Een keer in ’n leeftyd le Alexandra se wereld aan skerwe. Ure nadat sy met Neil getroud is, beland hulle in ’n ongeluk en verloor hy sy sig. Om die lewe vir haar nog moeiliker te maak, verskyn Maria, ’n beeldskone ouer en ervare vrou, op die toneel en probeer haar bes om Neil af te rokkel. In Vita du Preez se Hartsake is Linka ontsteld wanneer die plaas Njala, wat sy nog altyd as haar geboortereg beskou het, aan Ryk Hattingh ...
Kronkelpad is die derde boek in die trilogie waarvan Anderkant Pontenilo en Persomi die eerste twee is. Die verhaal speel af in die jare 1938–1960, met die slot in 1986.Lettie Louw (Klara se slim vriendin uit Pontenilo en die dokter wat in Persomi in die hofsaak getuig) en Marco Romanelli (Antonio se aantreklike broer wat in Italie in ’n Joodse kamp beland het in Pontenilo) is in hierdie boek die hoofkarakters.Lettie se vriendinne raak almal ver ...
In Die wingerd sal weer bot bly Juliette aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Na ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar is ’n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken sy dit ook, maar daar is gerugte dat Conrad met die geitjie van ’n Susan gaan trou . . . In Liefde is ’n kleur sukkel Emma lank na haar egskeiding steeds o ...
In Se groete vir Pappa bedank Reino Vos as predikant nadat sy vrou, Chrisma, hom onverwags tydens ’n sinodesitting verlaat. Hy word hoof van die Sonopkinderhuis en kom weer in kontak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie Reino se vrou weggeloop het. ’n Innige vriendskap ontwikkel mettertyd tussen Rita en Reino… totdat ’n nuwe meisie tot die kinderhuis toegelaat word. In ’n Malva in Vinkelstraat word dominee Werner gul deur ...
In hierdie boek word ’n baie gewilde skrywer se lekkerlees-kortverhale vir die eerste keer byeengebring. Hier is ’n ryke verskeidenheid stories, onder meer oor geleenthede soos Kersfees, Vadersdag, ensovoorts, en liefde – in sy vele fasette uitgebeeld – is die gemene deler. In al die verhale is Irma Joubert se fyn waarnemingsvermoe merkbaar, asook haar intieme kennis van en deernis met haar karakters. ...