Raaiselkind is ?n verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop versit in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig “mens” te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam – oppasma – wat met haar kinderlike godsvertroue ...
Wenner in De Kat/Sanlam se Groot Romanwedstryd (1997), Eugene Marais-prys (1999), M-Net-prys (1999). Daar loop gerugte van twee honde en ’n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het. Waar iemand die Kakie-eskorts in die poorte voorle en wreedaardig straf – maar ook die hensoppers, tot selfs die pakdiere. ...
Hertzogprys vir prosa (1976), WA Hofmeyr-prys (1977), CNA-prys (1977). Anna M. Louw se indrukwekkendste werk is die groots opgesette familieroman Kroniek van Perdepoort (1975), wat die lotgevalle van die Lotriets deur verskillende dekades volg. Die Bolander Koos Lotriet vestig hom aan die begin van die twintigste eeu aan die voet van die Swartberge en bou met die jare 'n spogplaas op, al word hy en sy vrou as gevolg van sy hoogmoed – wat a ...
CNA-prys (1992), M-Net-prys (1992), Helgaard Steyn-prys. Kroniek uit die doofpot (1991) is die aangrypende en onthutsende verhaal van ’n swart polisieman se soeke na geregtigheid en dis gebaseer op die werklikheid. Ten spyte van sy armoedige kinderlewe op ’n plaas in die Vrystaat, verwesenlik Tumelo John Moleko sy droom om by die polisie aan te sluit. En uiteindelik kan hy ’n huis en motor vir sy gesin bekostig en in sy eie tuin werk: Dus, di ...
Konstant Wasserman se pad loop dood. Sy mense met hul verstarde lewens en hul aansprake dryf hom tot raserny, dryf hom die land uit: Australie toe. In Sydney leer hy kook in 'n restaurant en vind hy vrye geeste wat hom verstaan. Die liefde, in 'n smeulende gedaante, terg sy sinne. Hy is vry. Tot die vreemde blou merke op sy bene begin uitslaan en hy begin siek word. Die toetse is positief, en hy moet klaarmaak, vrede maak. In 'n b ...
Die surfer-meisie Simone, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op ’n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in ’n ou kombi byeen en so begin ’n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nie so verskillend is nie? Saam trotseer die drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoe hakke en al. ...
“Die wereld is hul speelplek, geld hul vernaamste vriend, maar iewers tussen swier en rykdom le die luukse van die onontdekte.” Stralerjakkers was tussen 1996 en 2001 ’n radioverhaal-fenomeen wat daagliks ’n halfmiljoen mense vasgevang gehou het, en ’n magdom navrae het Leon van Nierop laat besluit om dit tot roman te verwerk. Rykmanseun Tiaan Reyneke, pas vrygelaat na twee onskuldige jaar agter tralies, neem sy intrek by sopkombuis-tannie Girly ...
“Toe, soos vantevore, het ek myself oortuig dat seks alles oorwin, alhoewel ek rerig nie kan se wat alles behels nie.” Simon is ’n wereldreisiger, vertroud met die reels van vryheid en ongebonde plesier. In Bali verbind ’n selfoon-app twee vreemdelinge vir anonieme seks, terwyl die taal op hulle lippe identiteite eggo wat albei reeds agtergelaat het. Kaapstad is vol versteekte ruimtes vir die uitleef van sensuele vryhede, maar in Nederland kom d ...
Tian Kilian se ouers is voor sy oe vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Chinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wereld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Chinees se s ...