’n Reenboog vir Aralie: Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibie te gaan waarneem, stem sy teesinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite nie aangesien alles nog in aanbou is. En boonop behoort die plek aan Franco Conradie, “olifantfluisteraar”, TV-man en bekende natuurkenner – en hy is ...
Karla raak verloof aan die man wat sy reeds vier jaar lank liefhet. Maar die verhouding dra nie haar pa se goedkeuring weg nie. Dan hoor Karla boonop een aand ’n gesprek wat kennelik nie vir haar ore bedoel was nie. ...
Die mooi Leana, pas gekwalifiseerd as musiekonderwyseres, ontvang ’n brief wat haar lewe ’n dramatiese nuwe wending laat neem. En wanneer sy die minste daarop voorbereid is, moet sy tussen twee hubare mans kies. ...
Lizelle vlug na ’n klein Vrystaatse dorpie waar niemand weet dat sy die erfgenaam van die skatryk staalkoning Paul Durandt is nie. Nie minder nie as drie mans gee haar hier nuwe kopsorge, en boonop begin haar pa se sakeryk te wankel. ...
Jean-Paul Debussy is al dertig, die ouderdom waarop ’n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne ’n maand ’n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op ’n stormnag in ’n herberg tee. ’n Misverstand dryf hulle egter uiteen . . . maar Simone besluit om haar man terug te wen. ...
Die vurige Nicolette de Lille vlug na die Kaap van die Goeie Hoop, want sy sien nie kans om met ’n Franse laventelhaan te trou nie. Maar ’n soortgelyke dilemma wag hier op haar . . . ...
Het Zonika Pierre maar liewer nie haar pa, seerowerkaptein van die Seekat, gedwing om kaptein Hercule Cordier te laat kielhaal net omdat hy haar durf beledig het nie . . . Wat ’n man kan doen, kan Zonika ook doen – selfs beter. Maar die dinge wat ’n man aan ’n vrou – en haar hart – kan doen . . . Wel, dis ’n ander storie – een wat die onskuldige seerowermeisie nog nie ken nie. En by kaptein Emile Pierre raak dit ’n obsessie om te weet wie en wat ...
Agter die berge: Na ’n skeiding van vyf jaar ontmoet Veronica Eybers weer haar gewese man by ’n kunsuitstalling. Ou emosies en ideale herleef en sy begin haar jarelange kokon van afsydigheid af te skud – maar om uitdagings te aanvaar en meer skeppend te leef, kos durf. ...
Die erfgename van La Provence: Na ’n lang en gevaarlike seereis kom Mathilda Jourdan en haar sestienjarige broer, Pierre, in Februarie 1752 met ’n seilskip in Tafelbaai aan. Sy koester groot verwagtings, maar hoe moes sy weet dat die brief wat sy uit Europa aangestuur het haar onbekende oom Joachim nooit bereik het nie; dat die hooghartige jong man wat die eerste dag tot haar redding kom, haar oom se stiefseun is; dat haar enigste kennis in die ...