In Reenboog van koraal sou Estelle nooit kon droom dat, toe sy in die dartelende Crystelle se plek na Inhaca moes vlieg om die kastaiings vir haar identiese tweelingsuster uit die vuur te gaan krap, die paradys ook ’n slang het nie. ...
In Oos na die son word daar op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland meer as ’n paar geheime van die Polinesiers se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . . . ...
In Spoelklippies in stormwater weet Karlientjie Strauss nie die kant toe of daai kant toe nie. Sy staan op trou met Willem Potgieter, die nuwe eienaar van hul buurplaas, maar dan verskyn Hugo Burger, haar tante se deksels aantreklike stiefseun, op die toneel . . . ...
In Die seewind se lied besluit Elmien Maritz sy gaan Hartenbos toe. Nie om vakansie te hou nie, maar om die duistere verlede van Schalk Schoeman, die man met wie haar ma kort tevore halsoorkop getroud is, te ondersoek. Sy is nie voorbereid op wat volg nie ¬– ’n ongewone vakansieromanse, propvol spanning, liefdesintrige en humor. ...
In Storms van die liefde ontvou ’n liefdesverhaal by Mosselbaai se groot olieboorprojek. Die tergende vraag ontstaan: waar sal Esbeth geluk vind – by Richard, haar vermiste man; by die charismatiese, ryk Gustav; of by De Wet, die verliefde diamantsmokkelaar? ...
In Die geheim van Rust der Vrede word Engela na die landgoed Rust der Vrede ontbied, al word sy deur die familie soos ’n uitgeworpene behandel. Sy ontmoet die sjarmante, welgestelde landheer Armand de Savoye, en dis duidelik dat hy ’n groot rol in haar lewe sal speel. Maar dan kom sy tot die skokkende besef dat haar lewe in gevaar is . . . ...
In Spoelgoud verhuis Beth in die vroee 1870’s na Pelgrimsrus. Hier ervaar sy eerstehands die onsekere geluk en beproewings van ’n delwersgemeenskap – armoede en harde werk is haar voorland, maar dit is ’n nuwe begin . . . ...
In Somer van die rooi robyn reis Nicole na die Kaap om daar by haar ouers aan te sluit. Haar avonture sluit in storms ter see, seerowers en ’n silwer robynhalssnoer wat ’n vloek dra. En dit is maar nog net die begin . . . ...