Vuur van verlange: Lizelle vlug na ’n klein Vrystaatse dorpie waar niemand weet dat sy die erfgenaam van die skatryk staalkoning Paul Durandt is nie. Nie minder nie as drie mans gee haar hier nuwe kopsorge, en boonop begin haar pa se sakeryk te wankel. Te jonk vir liefde: Die mooi Leana, pas gekwalifiseerd as musiekonderwyseres, ontvan ’n brief wat haar lewe ’n dramatiese nuwe wending laat neem. En wanneer sy die minste daarop voorbereid is, moe ...
Agter die berge: Na ’n skeiding van vyf jaar ontmoet Veronica Eybers wees haar gewese man by ’n kunsuitstalling. Ou emosies en ideale herleef en sy begin jarelange kokon van afsydigheid af te skud – maar om uitdagings te aanvaar en meer skeppend te leef, kos durf. Die erfgenaam van La Provence: Na ’n lang en gevaarlike seereis kom Mathilda Jourdan en haar sestienjarige broer, Pierre, in Februarie 1752 met ’n seilskip in Tafelbaai aan. Sy ...
In Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink. ...
Die glasappel is ’n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is, en waarin ons vir ’n verandering na die liefde deur die man se oe kyk. Die suksesvolle argitek Theo Senekal was tot dusver nog nooit sonder ’n mooi meisie aan sy sy nie, maar nou is daar ’n verstrooide meisie wat dink hy is ’n messelaar en wat hom heeltemal deurmekaar maak. ...
In Die uurgals wentel worstel die inwoners van Victorina, die ietwat verwaarloosde maar steeds sierlike woning, met intense problem soos drankmisbruik, buite-egtelike verhoudings en familietwiste. Dan word die uurglas omgekeer, en saam daarmee almal se lewens. ...
In Oorkant op die eiland vertrek Gert en Corrie Pullen oorsee, en hul dogter Janetta gaan kuier saam met haar kerel, Isidor, by sy ouerhuis teen die Oranjerivier. Corrie is bekommerd om haar dogter na totale vreemdelinge te stuur. In die weke wat volg, sou Janetta meermale wonder of haar ma ’n voorgevoel gehad het, want op Stroomlangs is daar gesindhede en duisterhede wat haar mateloos ontstel. Boweal is daar die moontlikheid dat haar lewe in ge ...
In Waaisand weier jong weduwee Berna om aan die eise van haar wellustige werkgewer toe te gee. Sy word afgedank, en terwyl sy nog wonder waar sy en haar tweelingkleuters ’n nuwe heenkome moet vind, loop sy byna onder ’n voertuig in. Die gebeurtenis plaas haar nietemin op die eerste tree van ’n nuwe pad, waarvan sy die verloop en afloop in haar wildste drome nie sou kon voorsien nie. ...
In Tahiti, verre land vaar Weda Henkel as verpleegster saam met die toekomstige bruid van Louis de Bougainville op ’n luukse-passasiersboot na Tahiti – maar die liefde het vreemde wee . . . ...