In Somer van die rooi robyn reis Nicole na die Kaap om daar by haar ouers aan te sluit. Haar avonture sluit in storms ter see, seerowers en ’n silwer robynhalssnoer wat ’n vloek dra. En dit is maar nog net die begin . . . In Spoelgoud verhuis Beth in die vroee 1870’s na Pelgrimsrus. Hier ervaar sy eerstehands die onsekere geluk en beproewings van ’n delwersgemeenskap – armoede en harde werk is haar voorland, maar dit is ’n nuwe begin . ...
In Waaisand weier jong weduwee Berna om aan die eise van haar wellustige werkgewer toe te gee. Sy word afgedank, en terwyl sy nog wonder waar sy en haar tweelingkleuters ’n nuwe heenkome moet vind, loop sy byna onder ’n voertuig in. Die gebeurtenis plaas haar nietemin op die eerste tree van ’n nuwe pad, waarvan sy die verloop en afloop in haar wildste drome nie sou kon voorsien nie. In Oorkant op die eiland vertrek Gert en Corrie Pullen ...
In Storms van die liefde ontvou ’n liefdesverhaal by Mosselbaai se groot olieboorprojek. Die tergende vraag ontstaan: waar sal Esbeth geluk vind – by Richard, haar vermiste man; by die charismatiese, ryk Gustav; of by De Wet, die verliefde diamantsmokkelaar? In Die seewind se lied besluit Elmien Maritz sy gaan Hartenbos toe. Nie om vakansie te hou nie, maar om die duistere verlede van Schalk Schoeman, die man met wie haar ma kort tevore ...
In Oos na die son word daar op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland meer as ’n paar geheime van die Polinesiers se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . . . In Reenboog van koraal sou Estelle nooit kon droom dat, toe sy in die dartelende Crystelle se plek na Inhaca moes vlieg om die kastaiings vir haar identiese tw ...