"Chimera – ’n monster in jou kop. Wie luister? Hoor hoe hy jou gedagtes fop. Is dinge anders as wat jy kan onthou? Omdat die monster reeds aan jou memories kou? Voor die meester jou analyze, doen dit self en vat hom by surprise. Anders is jou dokter, soos myne, ook ene Fitzpatrick, en sit jy, nes ek, ook in Psychiatric!"– Skadujagter. 17 jarige Heibrandt bevind homself in 'n buitengewone skool, waar hy gedurig deur streng sekuriteit do ...
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit. In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wereldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir g ...
Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgese vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting in die skadu's van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed he om haar spoke te konfrontee ...
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wereld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes. ...
In 2065, na vele natuurrampe, rig geo-ingenieurs 'n virtuele koepel oor Kaapstad op en dit word //Hui !Gaeb. Maar in 2315 begin die krake wys; krake in die koepel, maar ook sypel daar in die ultragereguleerde samelewing van //Hui !Gaeb invloede van die buitewereld in. Vele inwoners le in droomhospitale, onverklaarbaar aan die slaap, maar lewend. 'n Groep jongmense besluit om die koepel te verlaat en 'n reis na die noorde van China ...
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . . ...
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die Karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het? ...
Finn: On stage, I am Thor. Angry and invincible. I roar. Rage. I lose my mind. Yet for all my so-called potential, people always leave me. Now there’s Kayla. The only girl I’ve ever met who’s worth loving. The only one I’ve ever wanted to be worth something for. Kayla: I’m the weird girl in school. I’m not special. I’m uncool. Unlovable. Love is all an act, anyway. A game. But Finn says he really loves me. I want to believe the world isn’t as ba ...
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterrorise ...