Trompie trek die nuwe seun in sy klas wat al die onderwysers se witbroodjie is ’n lelike streep. ’n Paar dae later bank hy en sy bende skool om in die kloof te gaan swem, maar ’n onderwyser vang hulle en die skoolhoof gee vir elkeen ’n pak slae. ’n Afgetrede bokser wat in die distrik kom boer, begin ’n klub op die dorp en soek plaaslike talent om te leer boks. Trompie kan sy geluk nie glo nie – hy het nog altyd daarvan gedroom om ’n beroemde bok ...
Die eindeksamen is naby, maar Trompie is nie lus om te leer nie – hy gaan swem eerder elke middag in die dam. Wanneer hy hoor daar is fietsdiewe op sy tuisdorp, weet die Boksombende se Grootkaptein sommer dadelik waar hulle die gesteelde goedere wegsteek – in een van die grotte bo teen die berg. Trompie en Rooie kom op die skelms af terwyl hulle die fietse op ’n vragmotor laai. Ons held stuur sy maat om die polisie te gaan haal, maar dan vat die ...
Dit is Trompie se laaste kwartaal op laerskool en hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein besluit dit het tyd geword om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Sy een goedbedoelde poging na die ander loop skeef en Trompie moet leer om baie mooi verskoning te vra. Dan is daar ’n ongeluk en hy beland in die hospitaal. Sy ouers stuur hom Durban toe om by sy pa ...
Trompie gebruik sy vaardighede as entrepreneur om ’n sakeplan vir ’n snoepwinkel by die skool op te stel. Die Boksombende moet elkeen geld bydra om hierdie besigheid op die been te kry en is allesbehalwe beindruk met hul Grootkaptein wanneer sake nie so vlot verloop soos hy hulle belowe het nie. Selfs Dawie se poging om die snoepie van ondergang te red misluk en die vier vriende sit met hul hande in hul hare. Wanneer Trompie ’n onervare onderwys ...
Die dominee betrap die Boksombende wanneer hulle weer kattekwaad met sy mak bobbejaan wil aanvang en gee vir hulle ’n sweterige werkie in die pastorie se agterplaas. Trompie se suster staan op trou en hy dink skielik hy weet alles van die liefde af. Hy en sy vriende het baie pret op Anna se troudag, maar wanneer die gaste begin dans, beland ons held – hierdie keer onskuldig! – amper in groot moeilikheid. Die lewe op Kwaggaberg is nooit verv ...
Dis die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en die Boksombende se Grootkaptein waag sy hand aan ’n laerskoolseun se mooi lokke – met rampspoedige gevolge! ’n Identiese drieling kom vir ’n week by Dawie-hulle kuier en hierdie meisies gee die Kwaggabergers behoorlik opdraand. Hulle skeer gedurig gek met die seuns en stof hulle uit in al wat ’n kompetisie is. Trompie en sy vriende ontmoet ’n bedl ...
Trompie wil ’n seun se krieketkolf leen, maar oefen eers gou sy beroemde skepskop met een van die pronkdahlias in die ryk mense se tuin. Hy word gevang en moet as straf onkruid uittrek. Die sproetgesig roep dadelik sy Boksombende se hulp vir hierdie onaangename taak in. Wanneer die strafwerk klaar is, moet Trompie eers mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hulle te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel. Hulle k ...
Trompie en Rooie sien nie kans vir ’n aardrykskundetoets nie en besluit om die klas te bank. Dit lei egter tot twee baie seer sitvlakke! Ons held lees in ’n tydskrif wat die kenmerke is van ’n mens wat ’n skitterende sukses in die lewe is. Hy voel hy beantwoord aan al die vereistes, behalwe miskien dat hy effens meer beleef teenoor ander mense kan wees. Nou ontgeld sy arme familie en vriende dit – hy is so vriendelik en bedagsaam dat almal wens ...
’n Fotograaf kom die leerders by die skool afneem, en Trompie en sy manskappe besluit om nie soos al die ander vroom gesiggies op te sit nie. Hulle gaan kyk wie van hulle die lelikste bakkies kan trek. Maar die skoolhoof daag op wanneer ons held voor die kamera beland en hy kan nie maak soos hy belowe het nie. Sy drie maats beland in die moeilikheid en besluit om hom daarvoor te straf. Hulle gebruik die feit dat hy dink meisies is so mal oor hom ...