Ons ontmoet Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as Die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ’n klein niksnuts genaamd Muggie. Saartjie reel ’n konsert om geld vir liefdadigheid in te samel en skryf haar eie toneelstuk daarvoor, maar dinge loop nie heeltemal soos beplan nie. ’n Paar dae later sluip sy en ...
Die Drie Muskiete maak kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan doen – en selfs nog beter! Ons heldin laat haar nie so beledig nie en dit lei tot ’n kragmeting met ’n verrassende einde. Verder is daar ook nog ’n strooptog in ’n vrugteboord en ’n tante wat op ’n baie ontydige tyd kom kuier – om nie te praat van die onmin tussen die Muskiete nie. Gaan die meisies uitmekaar spat noudat hulle op hoersk ...
Saartjie wil ’n grap vir ’n tydskrif instuur om ekstra sakgeld te verdien, maar sy kan skielik nie aan een dink nie. Sy vra ten einde raad Apie se hulp. Die klein platjie kom dadelik met ’n goeie grap vorendag, maar wat nou gemaak as ons heldin die prysgeld wen? Moet sy dit dan met haar boetie deel? Anna koop ’n oulike affenkie om mense mee poetse te bak en die Drie Muskiete het groot pret daarmee. Die hele Baumann-gesin loop onder andere deur, ...
Saartjie en haar vriende het tien dae skoolvakansie en hulle benut dit ten volle. Die Drie Muskiete gaan “deps” sappige ingevoerde turksvye by ’n kwaai oom wat openlik se hy sal enigiemand wat hom besteel lewendig afslag – en ons heldin kry meer as waarvoor sy haar reggemaak het. Hierna stel die rabbedoe vir haar boetie ’n valstrik in hul sitkamer, maar dan kom mevrou Dominee kuier en dinge loop lelik skeef. Saartjie begin ernstig wonder of sy n ...
Trompie en Rooie kom weg met ’n waarskuwing wanneer hulle resies jaag deur by die skool se traprelings af te gly. Dan daag hulle die noodlot verder uit deur met die interkomstelsel te peuter. Hulle bak die leerders in hul klas ’n lekker poets, maar dit boemerang ongelukkig op hulle! Trompie leen ’n waterpistool om sy klasmaats mee te skiet. Wanneer die pistool spoorloos verdwyn, moet hy uitvind wie dit gegaps het. Die sproetgesig kry ’n briljant ...
Die Boksombende se Grootkaptein kom voor ’n krisis te staan. Die rugbyseisoen is om die draai en Gerrit Moerdyk, ’n seun met wie hy nog nooit klaargekom het nie, se vir almal hulle moenie weer vir Trompie as hul spankaptein kies nie. Volgens Gerrit is Trompie ’n selfsugtige speler en is dit sy skuld dat hulle nie verlede jaar die beker gewen het nie. Dit lei tot ’n grootskaalse verkiesingsveldtog waarin ons held en sy vriende alles moet uithaal ...
Trompie beland in groot moeilikheid as hy ’n nuwe mikstok vir sy kettie wil maak en ’n saag uit sy pa se verbode werkskamer gaan gaps. Maar dan skryf hy in vir ’n kompetisie van ’n koejawelfabriek wat ’n “tipiese Suid-Afrikaanse seun” soek. Die prys vir die wenner en ’n maat van sy keuse, is ’n reis in ’n vliegtuig na Kaapstad en Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: sal Trompie ooit as die wenner gekies word, en as hy wen ...
Trompie bring ’n brulpadda skool toe en sake ruk hand-uit wanneer ’n nuwe onderwyseres skoon flou val van skok. Gelukkig vir die sproetgesig is die skoolhoof nie op die oomblik in Kwaggaberg nie. Die Boksombende se Grootkaptein is jaloers wanneer Katrien, die meisie wat langs hom bly, ’n brief van ’n geheime bewonderaar in hul klas kry. Dit is nie lank voor Trompie uitvind wie so beenaf op haar is nie en dan gaan hy uit sy pad om die lewe vir di ...
Trompie-hulle gaan speel in die kloof en ’n nuwe vriend, Asjas, val en sit vas. Terwyl hulle hom probeer red, ontdek hulle in die grot ’n historiese rotstekening. Die rugbyseisoen breek aan en die Boksombende speel vir plekke in ’n provinsiale span, maar dit gaan broekskeur . . . totdat hulle almal verras in ’n plaaslike wedstryd. ...