Saartjie is kaptein van die netbalspan, maar moet nou kies tussen Anna en Magriet le Roux om in die span te speel. Almal plaas druk op haar en om alles te kroon, moet die span in een van die belangrikste wedstryde nog speel. ...
’n Dogtertjie met polio, Clara, kuier op Lynnekom. Sy het soveel karakter en gees dat sy almal betower en gou kruip sy diep in Saartjie-hulle se harte. Clara se suster, Carolina, is Clara se held en sal enigiets doen om haar te help – selfs al beteken dit dat sy ’n belowende musiekloopbaan moet prysgee sodat hulle ouers Clara se mediese onkostes kan bekostig. Saartjie en Carolina moet mekaar die stryd aanse by die jaarlikse kunswedstryd. Carolin ...
’n Gevaarlike epidemie versprei op Keurboslaan en trek die meeste van die leerders en baie van die personeel plat. Ook doktor Serfontein word baie siek. Die dokters word bygestaan deur die skool se nuwe sekretaresse, Helen Bieleveld, ’n pragtige weduwee wat op Keurboslaan ’n nuwe begin wil maak. Wrywing tussen die onderhoofseun en hoofseun het tot gevolg dat een van hulle met ’n ernstige breinbesering in die hospitaal beland en boonop word die h ...
Die veranderinge wat Dr Serfontein op Keurboslaan teweegbring maak dit ’n gesogte seunsskool, maar ook ’n plek waar seuns met probleme hulp kan kry. Wentzel Elzenach is ’n geestelik- en liggaamlik verwaarloosde weeskind en Krynauw, die skool se gewilde onderhoofseun, moet help om hierdie eienaardige nuweling tuis te laat voel. Tessa, die hoof se vyfjarige niggie, kom woon op Keurboslaan en die slim en onverskrokke meisiekind se teenwoordigheid k ...
Die nuwe skooljaar op Keurboslaan bring gerugte van ’n gemaskerde rower, bekend as Jan Fiskaal, wat die omgewing terroriseer. Dr Serfontein doen sy bes om te help om die rower vas te trek, veral om die invloed wat dit op die verbeelding van die avontuurlustige skoolseuns het, te bekamp. Daar is heelwat nuwe leerlinge by die skool, ook Flip, ’n seun wat van die huis weggeloop het en met iemand anders se naam by die skool aansluit. Eugene Krynauw, ...
In hierdie eerste boek van die Keurboslaanreeks ontmoet ons die jong doktor Roelof Serfontein wat as verdwaalde en dodelik siek vreemdeling op Keurboslaan naby die Swazilandse grens beland. Die bejaarde hoof van hierdie vervalle kosskool versorg die jong man met die misterieuse verlede en red sy lewe. Dr Serfontein besluit daarna om op Keurboslaan te kom werk as adjunk-hoof om daar fisiese en emosionele heling te soek. Onder sy bekwame hand word ...
Wanneer Riek en sy vriende lughawe toe gaan om vir Josef, wat terugkeer van Engeland, te gaan oplaai, loop hulle hulle vas in ’n avontuur. Hulle red twee Britse vlieeniers van ’n oproerige skare. Riek besluit om die twee mans tydelik op hulle plaas in Swaziland weg te steek. Josef daag met ’n vreemde meisie aan sy sy op en kondig aan dat hy kastig aan haar verloof is. Hy wil Amanda intussen ook na die plaas neem. Wat die seuns egter nie weet nie ...
Richard Serfontein, oudste seun van doktor Serfontein, word hoofseun van die gewilde Keurboslaan Seunskool. Dit is nie ‘n maklike taak nie, omdat hy onder geen omstandighede die indruk wil skep dat sy pa hom voortrek nie. Hy is die skakel tussen die seuns en die hoof en nie tussen die skool en sy pa nie. Dinge word egter gou baie moeiliker as wat hy verwag het. Sy pa besluit om vier seuns tot die skool toe te laat wat weens wangedrag deur die ow ...
Brian Spaulding, die skool se stoutse senior en die nuwe hoofseun, en Morrie Alberts, word as gevolg van ’n misverstand tydens ’n oorsese musiektoer by ’n lughawe in Wes-Afrika aangehou. Die owerheid beskuldig hulle van moord en die seuns beland in die tronk waar hulle in aaklige omstandighede moet veg om te oorleef. Gelukkig is een van Keurboslaan se oud-onderwysers, meneer Hortmanshof, as sendeling in die land betrokke en kan hy doktor Serfont ...