Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar deesdae skryf sy voltyds. Haar romans Haar naam is Ragel, Marta en Ter wille van Talita is geliefde topverkopers. Sy is ook regisseur en skrywer van radiodramas en sepies soos die bekende Blinkwater en Mooi mense. Helena het drie keer die eerste plek in die Sanlam/ RSG-skryfkompetisie gewen en haar drama, Swane, is met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon. ...
Este Geldenhuys is ’n bekende in Christelike mediakringe. Sy was vir 24 jaar uitsaaier op Radio Kansel en het ook verskeie tydsgleuwe op Kruiskyk. Sy lei gereeld toere na Israel. Sy bly in La Montagna, Pretoria. ...
“Vergewe my Here as ek haar te lief het, te lief het om haar te laat gaan.” Danny Fourie en Adri-Louise van Renen, het mekaar laat in hul lewe ontmoet en lief geraak vir mekaar. Kort na hulle verlowing word Adri-Louise geopereer vir ’n gebarste blindederm, net om agter te kom sy is ernstig siek met kanker. Sy bied aan om die verlowing te verbreek, maar Danny hou vol: Ons sal saam wees, nou en vir altyd. ’n Ware verhaal van merkwaardige liefde in ...
Kies, soos Daniel, geestelike voeding bo gemak en ervaar die seen van 'n beplande biddende vas. Die Daniel-vas help jou: * God ontmoet en aanbid * Doelgerig bid * Vas met 'n gebedsdoel, en * Spesifiek vir antwoorde bid Die Daniel-vas vir geestelike oorwinning bevat ook resepte en praktiese advies om die vas vir jou makliker te maak. ...
Die boek bevat 366 dagstukkies spesiaal vir getroudes. Dis perfek vir huwelikspaartjies om in hulle stiltetyd saam te lees, en is van pas vir mense van enige ouderdom. Almal van pasgetroudes in hul twintigerjare tot ouer pare wat reeds dekades lank getroud is sal hierdie boek van nut vind: Dis prakties, geestelik verrykend, en help julle om as huweliksmaats jul geloof saam op te bou. ...
Twee maande nadat Rivkah na die Filippyne vertrek het, word sy deur die hospitaal ontslaan. Die Krige-huishouding het skaars weer na normaal teruggekeer toe drie Israeli-tieners ontvoer word en 'n paar regses meen Jode het ook die reg om wraak te neem. Dan wanneer die Tzuk Eitan-grondoffensief afgekondig word, word Marc saam met 40 000 ander reserviste na die Gasa-grens gestuur. Na 'n baie moeilike jaar sien beide Rivkah en Marc uitein ...
Wat maak die Psalms so geliefd? Dit moet die menslikheid daarvan wees. Hier, in die hart van God se Woord, tussen al die groot woorde en ingrypende gebeure deur, staan die liedere en gebede van 'n ou volk opgeteken. Hulle uitbundige vreugde en hulle diepe hartseer; hulle worstelinge, onbegrip, hulle moedeloosheid. Soveel van hulle geskiedenis. En nog net so van toepassing op vandag. Die gebede in hierdie boek is in gesprek met die Bybel se ...
Uit die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen 'n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook 'n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd en vir huisgodsdiens. Uit die Ou Testament lees on ...
Seks is belangrik. God het dit belangrik gemaak. Wat is 'n seksueel gesonde huwelik? Is dit nie waar dat, wanneer dit in die huwelik goed gaan, seks vanself gebeur nie? Ons almal weet mos wat om te doen wanneer die ligte afgaan… Maar gesonde seks in die huwelik is nie vanselfsprekend nie. As ons gesonde seks in ons huwelike wil geniet, gaan ons oor seks moet begin praat. Nie as 'n nagedagte of as 'n voetnota of as 'n afgeramm ...