Gebede vir elke vrou is ’n versamelboek van gebede vir vroue. Wat ookal jou ervaring, die boek bied jou ’n gepaste gebed: of jy nou hartseer is, jou bekommer, eensaam en verlate voel of siek is. Gebede vir elke vrou bevat ook wonderlike gebede vir jou huwelik, oor en vir jou kinders en oor vriendskap. Van groot vreugde tot die diepste hartseer – vind die gebed wat jou gemoed nodig het hier. ...
As jy al gewonder het oor die sin van die lewe, of dalk vuisvoos is vir ’n plastiekgodsdiens wat net kitsantwoorde opdis en heeltyd vertel hoe maklik dit is om in Christus te glo, is hierdie boek vir jou bedoel. Dit wil juis vir jou op daardie kant van die evangelie wys wat ook rekening hou met al die swaarkry, onsekerhede, vrese, skuldgevoelens en pyn van die lewe. ...
Corrie ten Boom en haar doodgewone gelukkige gesin bly bo haar pa se horlosiewinkel met die uitbreek van die Tweede Wererldoorlog. Hulle word genader deur die Nederlandse versetbeweging om te help met om vervolgde Jode weg te steek. Sonder om twee keer te dink reik hulle uit na die mense in hul verskriklike nood. Dan word hulle verraai … Corrie ten Boom se verstommende ware verhaal van liefde en hoop leer ons om op God te vertrou in alle omstand ...
Van ’n arm kind wat saam met die twee huishonde op die straathoek vir haar ouma sit en wag, tot suksesvolle nuusleser op eNuus … Die radiopersoonlikheid en motiveringspreker Jenna-Leigh February vertel haar eie lewensverhaal van swaarkry en seer en hoe sy dit, met die hulp van God, in sukses omskep het. Net soos Hy haar gehelp het, kan God en ons deurdra met sy goedheid en guns, selfs in die slegtste van omstandighede. Jenna-Leigh se eerlike en ...
Geen verhouding is altyd gemaklik en foutloos of sonder konflik nie. Dit is dikwels die andersheid van jou lewensmaat wat jou in die eerste plek na hom of haar aantrek. Maar later lei hierdie andersheid tot groot konflik. Ek en jy verskil hemelsbreed gee praktiese raad oor hoe om met hierdie verskille saam te leef en julle huwelik ten volle te geniet. Louise van Coller bespreek huwelike in vandag se realiteit, praat uitvoerig oor verskillende pe ...
Die omvattende bundel kan gebruik word as dagboek vir 366 dae (met Skrifgedeelte en gebed), maar ook as naslaanbron vir verskillende behoeftes en geleenthede. Die groot gebedeboek bevat indekse om temas, outeurs en voorgestelde Skrif-leesgedeeltes na te slaan. ’n Onontbeerlike klassieke boek in ’n nuwe baadjie. ...
Dit is belangriker om om te weet hoe om te lewe as om die korrekte belydenis te vind. Die sin van die Christelike geloof is nie soseer dat dit ’n rustige verblyf in ’n hiernamaals waarborg nie, maar dat ons hier in liefde teenoor mekaar kan leef en van hierdie wereld ’n beter plek kan maak ...
In talle huise het Ena Murray deur die jare ’n bekende en geliefde naam geword. Wie haar boeke ken, sal weet: hier is iemand aan die woord na wie ’n mens graag luister, iemand by wie jy tuis voel. En nou, in die hersiene, bygewerkte uitgawe (bygewerk met nuwe stukkies en gedigte uit haar boek Roosknop vir ’n engel – verse vir ’n vrou) van Ena Murray Oordenkings kom le sy weer besoek af by haar duisende vriende – hierdie keer met ’n dwingende ui ...
Uit die Beek is nie net die oudste Bybeldagboek in Afrikaans nie, maar die skrywer van hierdie 89ste uitgawe is ook die kleinseun van die oorspronklike skrywer. Attie van Wijk is ‘n bekende teoloog in eie reg, en hy bied met hierdie boek lesers weer eens die geleentheid om hulle elke dag by die vars water van die Woord te te verfris en voor te berei vir die dag wat voorle. Die dagboek is geskik vir persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisg ...