Daar heers vandag groeiende verskille in kerke se verkondiging van wat kerklewe behoort te wees, die grondbeginsels van die Christelike geloof en die wyses waarop God aanbid moet word. Te midde van verdere antagonisme jeens die kerk, mag die gelowige miskien begin wonder wat die kerk se rol nou eintlik is? Hoe leef ons in ’n gemeenskap van gelowiges waar die Woord van God sigbaar in ons lewens is? Volgens Mark Dever behoort ons ons tot die Woord ...
Stukkies van die hemel op aarde bied fynproewer-leesstof vir mense met ‘n verlange na meer wanneer hulle ‘n geestelike boek optel. Die gedagtes, insigte en humor in die stukke in hierdie bundel verteenwoordig die essensie van Dirkie Smit se verrykende denke en verstommende belesenheid in die teologie en kultuur; van sy lesings, prediking en gesprekke oor baie jare. By die lees van hierdie pragboek kom die leser onder die indruk van die uitsonder ...
Van die aangrypendste Bybelverhale gaan oor die roeping van mense, en hoe hulle daarop reageer. Wie sy/haar roeping wil hoor en dit voor die Here wil leef, besef: ’n Bewustheid van die Here se teenwoordigheid en werk maak al die verskil. Dit maak van ’n opdrag ’n genadevoorreg en ’n geleentheid. ...
Soet, mooi woorde kan mens mos raam of in jou Bybel bere of teen jou hart vasdruk. Hulle las niks by jou heupmaat nie en verwelk ook nie weens die geringste bietjie hitte nie. Woorde van liefde en waardering kan koel skadu’s gooi oor ’n songeskroeide gemoed en ’n volmaan laat skyn in ’n hart wat onontwykbare donkertes moet deur. Opregte, fyn gekose, koesterwoorde kan vaaltes kleur en droogtes breek. Hierdie boek is gevul met sulke woorde. Dit bi ...
Ons is almal op ’n reis na die ewigheid. Die pad wat ons loop is besaai met versoekings. Om heilig te leef is ’n uitdaging. Dit kom nie maklik nie en dit gebeur nie vanself nie. Tog roep die Here alle gelowiges op tot heiligmaking. Hoe doen ’n mens dit? Deur die krag van die Heilige Gees is dit moontlik om gehoorsaam te wees aan hierdie opdrag en die wil van God te doen. Hierdie boek oor heiligmaking wys jou hoe. Dit bespreek al die verskillende ...
Hierdie bundel is ’n versameling uit die keur van Marzanne Leroux-Van der Boon se essays wat die afgelope agt jaar in Leef met hart en siel verskyn het. Haar vertellings is kort sketse oor die lewe wat handel oor al die dinge wat ons lewens inkleur, soms met sagte pastelle, en soms met harder hale. Dit vertel van die weerloosheid van die mens, maar ook van hoop en vertroue. Dit beskryf die uitdagings wat die lewe ons bied, maar ook die vertroost ...
Ragel Naude het naam gemaak as kunstenares, maar sy werk nie meer nie. Sy is nog lief vir haar man, sy het hom nodig, maar kan nie na hom uitreik nie. Sy is depressief en getraumatiseer na die dood van hul kleuterseuntjie. Sy stry teen God, niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en Stephan dryf uitmekaar, Tienie, wat soos ’n moeder vir haar is, kan nie meer tot haar deurdring nie, ook nie haar beste vriendin, A ...
Twee jaar gelede was Emily Covington ’n dwelmverslaafde. Intussen was sy ’n jaar lank in ’n rehabilitasiesentrum en sedertdien gebruik sy nou al vir ’n hele jaar lank glad nie dwelms nie. Tog sukkel haar gesin steeds om haar te vertrou en is haar ma voortdurend bekommerd dat sy ’n terugslag sal he. Na alles wat gebeur het terwyl sy aan dwelms verslaaf was, moet sy haarself nou bewys. Wanneer Emily en Lance ‘n tuisgemaakte bom onder Emily se kar ...