Wanneer die jong professor Kira Trollip se buurvrou, Monique Brand, vermoor word, keer haar hele lewe onderstebo in Tot die dood ons skei. Want Kira was nog altyd verlief op Reinhard, Monique se man. En op Stellenbosch was dit geen geheim nie. Skielik is almal wantrouig en selfs Kira begin wonder of Reinhard onskuldig is. Ebbie Basson se hart is gebreek toe haar jare lange verhouding verbrokkel in Altyd die verkeerde man. Toe sy gestuur word om ...
Dokter Stella Swift is sedert haar tienerjare heimlik verlief op Arend Barnard. Dit blyk dat hy so min as moontlik met die rykmanskind en haar gesin te doen wil he. Jare later is Stella ’n gekwalifiseerde algemene praktisyn en Arend is die donkerkop narkotiseur wat steeds oorloop van ambisie. Asof hy iets het om aan die wereld – en mense soos Stella se gesin – te bewys. Stella wil op haar eie voete staan en so gou moontlik onafhanklik van die Sw ...
Aimee Harrison vlug na ’n kunstenaarsdorpie op die Franse platteland in Liefde is ’n Franse sprokie. Dit stoei in haar: Vlug sy na die plek van drome omdat sy wil wegkruip of omdat sy op soek is na iets wat sy verloor het? Dan word sy deur ’n wildvreemdeling gesoen en voor sy haar oe kan uitvee, moet sy die rol van graaf Pierre-Antoine Blanc se vrou vertolk. Maar nie almal is tevrede met die onbekende Suid-Afrikaner se teenwoordigheid in Pierre- ...
In Eiland in die son begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenersvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kan sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dit terwyl sy op trou staan met Ian, wat ook in die ongeluk was, maar nou nerens te vinde is nie. Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel in Senor die seerower – min wetende dat ...
Alana de Koker het die Kaap vir die Goudstad verruil om oor te begin. Sy wil haar aandag uitsluitlik toespits op haar nuwe werk in die trauma-eenheid. Sy moet hard en voortdurend werk, nuwe uitdagings aanvaar en bemeester: enigiets om die duiwels uit haar kop te hou. Dan hoor sy ’n bekende stem agter een van die gordyne by ongevalle. Op die bed le die laaste persoon op aarde wat sy wou sien. Braam Smit is steeds so aantreklik op sy sorgelose man ...
Dr Lily De Angelo is counting down the days before her wedding to Owen Fisher, making sure everything is perfect. For one thing, Owen’s dad from the Cape Flats will be seated far away from Lily’s snobbish parents who keep insinuating that Owen is not good enough for their trust fund baby. And then blonde-haired, long-legged Courtney shows up with her fifteen-year-old daughter, Chiara, who could be Owen’s. Everything goes pear-shaped for Lily, in ...
Sophia Joubert en haar skoonfamilie keer terug na die verwoeste familieplaas na afloop van die Anglo-Boereoorlog. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Die samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed. Haar eerste liefde le egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oe ’n treurigheid wat nie wyk nie. Die man ken ook ver ...
Kayla maak abrup kennis met haar bure se kuiergas Briand en sy fiets in Om joune te wees. Haar hart werk dadelik oortyd, maar daar is die een drama na die ander. Maryna moet Christiaan se hulp aanvaar in Maryna se liefdeslied. Bitter onwillig vat sy weer die pad – maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban. Hulle moet egter ’n onaangename taak uitsorteer en dit blyk dat die uitdaging ’n verhouding in die kiem kan smoor. ...
Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip – ’n onvleiende nuwe haarstyl en lelike klere behoort mense se belangstelling af te weer. Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed – ’n mooi man is almal s’n. Haar nuwe buurman is egter ’n regte bleeksiel en sy het ’n sterk behoefte om hom uit sy kluisena ...