Die brandbestryding-vlieenier Matt Marais se nuwe buurvrou, Sasha Harold, maak uit die staanspoor gevoelens in hom wakker. Nie een van die twee is egter in die mark vir ’n verhouding nie: Matt omdat hy nog die josie in is na die verbrokkeling van sy vorige verhouding, en Sasha omdat sy ’n wereld van moeilikheid agter haar laat. Boonop stem Matt nie saam met die wyse waarop Sasha haar drome wil najaag nie. Sasha met haar groot bruin oe laat hom a ...
In Ploeg die wolke moet Brenda Rabie onverwags na Johannesburg gaan om haar pas geskeide suster te ondersteun. Daar begewe Brenda haar op ’n pad van persoonlike intrige wat sy nie vooraf kon voorsien nie. Ansje Korber word eensklaps haar gewese skoonsuster, Joan, se vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer ’n man en vrou elkeen op hul beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? Boonop wonder sy of die teenwoordigheid van Joan se nuwe swaer ni ...
Willa le Roux kan uit die staanspoor nie vir Deon Joubert miskyk nie. G’n mens kan nie: die gemaklikheid met sy eie lyf, die selfvertroue wat hy uitstraal. Boonop is die man slim, sjarmant en gevaarlik aantreklik. Hul paaie kruis – vir werk en plesier. Willa weet sy beweeg op gevaarlike terrein, maar sy moet darem genoeg stories bymekaarmaak om eendag haar kleindogter te vermaak. Net toe dinge behoorlik tussen hulle vlamvat en Willa uiteindelik ...
In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Maar Danien Fouche het ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet. In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Niemand het nog die gebeure van sewe jaar gelede vergeet nie en Zach Dijzel het verdwyn. Windspoor is ’n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ’n kort rukkie voor hul troue. Maar daar is ’n gehe ...
In Verwonde jare spat Daniel Pohl se wereld aan skerwe met die verskyning van ’n skokkende nuusberig: ’n middeljarige man in ’n silwergrys Mercedes het op straat ’n onwelvoeglike voorstel aan ’n vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniel het presies so ’n motor, en hy’s dieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind het . . . In More le ver word die verwende rykmansdogter ...
In Van altyd af vertrou Reynecke nie Cilla se intuitiewe benadering met diere nie. Sy krap ook al sy vooropgestelde idees oor die lewe om. Aileen kan nie wag om haar patisserie se deure oop te maak in Te eenders, te anders. Allen Muir, die eienaar van die perseel, is egter ’n onwelkome uitdaging. Daar is dadelik ’n onverklaarbare drif wat tussen Kalinda en Zach posvat terwyl sy die geskiedenis en ’n spook se spore volg in Tydlose liefde. ...
In hierdie keur bewys Christine le Roux opnuut dat jy nie ’n vasbeslote vrou moet onderskat nie. In Liewe Onskuld soek die wewenaar Nicolas Steytler ’n oppaster vir sy twee kinders. Die jong rabbedoe Olivia Joubert lyk aanvanklik na ’n onwaarskynlike kandidaat, maar sy is vasbeslote om haarself te bewys. Sy sal na Nicolas se kinders kyk en sommer ook ’n vrou vir hom soek. In Om lief te he aanvaar Hester Verster ’n pos by ’n plaasskool omdat sy w ...
Mynhard Malan erf die plaas Koppie-alleen by sy vervreemde pa. Terwyl hy tydelik op ’n nabygelee kleinhoewe tuisgaan, word sy voete letterlik en figuurlik onder hom uitgeslaan deur sy misterieuse buurvrou. Wat beteken die woelinge binne-in hom wanneer hy aan Tessa Verwey dink? ’n Tartende duiwel op sy skouer wil vir Mynhard wysmaak dis iets anders as goeie maniere wat hom na haar toe dwing. Tessa wil egter nie nog ’n aantreklike man naby haar to ...
In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na die Vermeuleuns se spoglandgoed verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia op die plaas he nie. Hoekom vind Carmia die beduiwelde Deneys so onweerstaanbaar? In Dokter Dierbaar moet Vicky Serfontein saam met dokter Paul Venter werk na hul rampspoedige eerste ontmoeting. Kort voor lank begin sy vrees vir skade aan haar h ...