|
Автор: Zirk van den Berg |
Издательство: Ingram |
Cтраниц: 1 |
Формат: FB2.ZIP,FB3,EPUB,IOS.EPUB,TXT.ZIP,RTF.ZIP,A4.PDF,A |
Размер: 0 |
ISBN: 9780795704833 |
Качество: excellent |
Язык: |
|
 |
Описание:
|
Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. In plaas daarvan om hulle die beloofde nuwe identiteit, die skoon begin en nuwe lewe op ’n nuwe plek te gee, vermoor sy hulle bloot. Vir ’n tyd lank lyk dit na die perfekte plan: Dit spaar haar tyd, moeite en geld en verlos die wereld van boosdoeners, een op ’n slag. En wie gaan die versteekte staatsgetuies, tog in elk geval voormalige kriminele, mis? Gaan enigeen hulle soek? Maar dan kry sy opdrag om Daniel Enslin te versteek, en so ’n getuie het sy nog nooit teegekom nie. Daniel bewoon, veral danksy die ongure, gewetenlose maar paranoiese Frank, ’n donkerder deel van Kaapstad as enigeen in die stadsbeplanningskantoor waar hy werk. Frank Redelinghuys en sy kriminele aktiwiteite bied Daniel iets om die verveling van sy saai alleenloperbestaan teen te werk. Dit begin, soos alle dinge, klein, en, soos dikwels, met ’n geheimsinnige pakkie. Kort voor lank het Frank ’n geweldige houvas op Daniel. Maar die aand wanneer Daniel sien hoe Frank ’n prostituut vermoor, begin sy gewete aan hom knaag. Wanneer die koerante daaroor berig, begin hy verder te twyfel. Wat sal gebeur as Daniel sy vriend aan die polisie probeer uitlewer? En het Acker Frank, ervare speurder wat hy is, wat dit vat om Frank te uitoorle? Wanneer Daniel Acker kontak is Acker buite homself van opwinding, want hier is die goue kans waarvoor hy al lankal wag. Maar hy is dadelik op sy hoede, en skielik besef Daniel dat hy hom in veel groter gevaar begewe as wat hy ooit verwag het. Na Daniel se wenk, trek Acker Frank vas, maar wanneer Frank se trawante Daniel byna noodlottig aanrand, blyk dit dat Frank die speurder steeds ’n paar tree vooruit is. Hulle probeer om Frank te laat glo dat hy daarin geslaag het om Daniel om die lewe te laat bring, maar wanneer hy agterkom dat hy wel nog lewe, is Frank vasberade: Die man moet dood. Niemand kom daarmee weg om Frank Redelinghuys in die rug te steek nie. Daar is geen manier dat Daniel na sy lewe kan terugkeer nie, want dan is hy so goed as dood. Dis wanneer Acker die getuiebeskermingsprogram voorstel. Dit lyk na Daniel se enigste opsie. Hardekwas, bekwaam, prikkelbaar en geheimsinnig. Erica van der Linde is die dogter van ’n speurder, en ’n poliesievrou met, so lyk dit, ’n rekord van eenhonderd persent sukses. Erica neem vir Daniel na ’n afgelee plaas waar sy vir hulle ’n afgesonderde kothuis gehuur het. Hier sal sy kwansuis vir Daniel in ’n ander mens, met ’n nuwe identiteit, omskep. Hulle stamp koppe. Daniel het lastige vrae. En hy’s anders. Nie so haatlik soos die ander nie. Nie jou uitgeknipte krimineel nie. Maar dan kom die dag van teregstelling, soos Erica dit verkies, en dinge loop vir haar skeef. In plaas daarvan dat sy hom verras, en haar skoot hom sekuur tref, daar tussen die rotse en die niet waarheen sy hom gelei het, kry hy dit reg om te ontsnap. Erica vat die trekpas terug na die kothuis toe, waar sy Daniel inwag, omdat sy weet hy sal moet terugkeer: na kos en water, en die enigste skuiling wat hy het. Daar sal sy hom inwag en die taak afhandel. En skielik is dit vir haar ook ’n taak van lewe en dood, want nou ken Daniel haar geheim, en Daniel kan maklik, baie maklik, haar kollega Acker laat weet . . .
|
Просмотров: 30 Пресс - релиз
string(4) "true"
int(290)
|