Doktor Denise Barry, dosent in Ou Nabye Oosterse Studie, se verhouding met die argeoloog Dale Peters was nog altyd besonder ingewikkeld. Met sy vertrek na die Midde Ooste het hy hulle verhouding summier verbreek. Maar toe Denise die geleentheid kry om die antieke Nabatese stad Petra, waar Dale is, te besoek, het hy heel opgewonde geklink om haar weer te sien. Wanneer Denise egter in Petra aankom, het Dale spoorloos verdwyn. Wou hy haar net vermy ...
Liedjieskrywer Emma Steyn se grootste droom is om eendag haar eie liedjies te sing. Sy raak egter heeltemal te gespanne – so erg dat sy nie eers ’n piep kan uitkry nie. En haar vriend, die sanger Ingo, maak dit nie makliker nie. Wanneer Ingo vir Emma met ’n ander meisie verneuk en boonop een van haar liedjies steel, nooi vriende haar na Xander Vermeulen se wildsplaas om van Ingo te vergeet.Xander het self ’n platemaatskappy en besef gou hoe tale ...
Iewers wag die more: Fiona en Johan Meiring se huwelik word deur albei se onbesonnenheid in ‘n krisis gedompel. Is dit hulle kinderloosheid wat die huweliksbootjie wil laat kantel, of is dit Barbara Slabbert en Adriaan van Zyl se skuld?Dit het alles so onskuldig vir die pragtige lugwaardin Mariette Neethling begin. ’n Ryk man, aantreklik, en hy was ooglopend verlief op haar. En nou het sy in ’n nagmerrie-situasie beland waar daar geen pad uit is ...
Carmia Basson moet noodgedwonge bedank as junior verslaggewer en word spoedig aangestel as assistent van die bekende skrywer Margo Vermeulen. Margo het dringend iemand nodig wat sal inwoon by haar en haar kleinseun op Skamanga, hul spoglandgoed aan die KwaZulu-Natalse kus. Dit klink idillies, maar spoedig begin dinge krap. Deneys Vermeulen wil Carmia glad nie op sy plaas he nie. En Tasha, wulpse buurdogter en bekende perderuiter, wil Deneys tot ...
Marian Sinclair en haar niggie Morag hou vakansie op die Skotse eiland Mull en gaan met groot vooroordele tuis by Kasteel Glenbogan, die setel van die aristokratiese familie wat hulle veronderstel is om te verfoei weens ’n eeue oue familievete.Op Glenbogan leer hulle die MacLean-broers ken as mense wat vriendelik en gasvry is. Veral sir Roderick, die oudste broer en laird van Glenbogan, slaan Marian se voete (teen haar wil en beterwete) onder ha ...
Ebbie Basson se hart is gebreek; haar jarelange verhouding het pas verbrokkel. Daarom gryp sy die geleentheid aan om ’n gholflandgoed wat op Kransbaai aan die Weskus ontwikkel gaan word, te bemark en te verkoop. Want Eddie is ’n eiendomsagent wat sterk voel oor bewaring.Die ontwikkelaar is die charismatiese Liam Murray en kort voor lank voel Eddie aangetrokke tot hom. Hy het egter ’n reputasie as hartebreker. As Liam van moord aangekla word en E ...
Fisioterapeut Isabelle van der Walt kry die kans van ’n leeftyd wanneer die sakereus Ernst Joubert haar nader om saam met haar kerel, Dolf Dreyer, by sy nuwe hotel in Zanzibar te gaan werk. Isabelle moet die terapeute by ’n spa oplei en Dolf moet die nuwe hotel se rolstoelgeriewe kom ondersoek. Maar die idilliese eilandlewe is nie al wat met Isabelle se kop smokkel nie. Isabelle het ernstige bedenkinge oor haar verhouding met Dolf en wanneer een ...
Dr Wilmari Neveling se lewe stort ineen wanneer haar verloofde aan leukemie sterf. Alhoewel sy ’n passie vir pediatrie het, besluit sy om in onkologie te spesialiseer. Sy aanvaar ’n pos by die Nasionale Onkologie-navorsingseenheid aan die bekende Moreson-kliniek. Daar ontmoet sy Moreson se direkteur, Jonatan de Klerk van Jaarsveld. Jonatan is uit die staanspoor gefassineer deur die koel afgetrokke Wilmari wat niks met mans te doen wil he nie en ...
Victoria Serfontein se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter vind plaas toe sy hom besoek en vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Die ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Sy sal nie maklik vir die skade kan betaal nie en is totaal uit die veld geslaan toe dokter Venter haar werk aanbied. Sy aanvaar die aanbod, maar dis nie lank voor sy besluit om eerder te be ...