Каталог
>
Серьезное чтение
>
Современная проза
>
Современная зарубежная литература
>
9780624065289
Каталог
:: Java книги
:: Авто
:: Астрология
:: Аудио книги
:: Биографии и Мемуары
:: В мире животных
:: Гуманитарные и общественные науки
:: Детские книги
:: Для взрослых
:: Для детей
:: Дом, дача
:: Журналы
:: Зарубежная литература
:: Знания и навыки
:: Издательские решения
:: Искусство
:: История
:: Компьютеры
:: Кулинария
:: Культура
:: Легкое чтение
:: Медицина и человек
:: Менеджмент
:: Наука и образование
:: Оружие
:: Программирование
:: Психология
:: Психология, мотивация
:: Публицистика и периодические издания
:: Разное
:: Религия
:: Родителям
:: Серьезное чтение
:Cтихи, поэзия
:Биографии и мемуары
:Классическая литература
:Об истории серьезно
:Пьесы, драматургия
:Современная проза
:Историческая литература
:Книги о войне
:Контркультура
:Современная зарубежная литература
:Современная русская литература
:: Спорт
:: Спорт, здоровье, красота
:: Справочники
:: Техника и конструкции
:: Учебная и научная литература
:: Фен-Шуй
:: Философия
:: Хобби, досуг
:: Художественная лит-ра
:: Эзотерика
:: Экономика и финансы
:: Энциклопедии
:: Юриспруденция и право
:: Языки
Новинки
Acura RDX c 2019 по 2022 год, руководство по ремонту и эксплуатации в электронном виде (на английском языке)
Ena Murray Omnibus 39
Автор:
Ena Murray
Издательство:
Ingram
Cтраниц:
1
Формат:
FB2.ZIP,FB3,EPUB,IOS.EPUB,TXT.ZIP,RTF.ZIP,A4.PDF,A
Размер:
0
ISBN:
9780624065289
Качество:
excellent
Язык:
Описание:
Eensaam op Wegdraai ’n Skaduwee skuif oor Bokkie en Tokkie se sorgelose kaalvoetlewe, waarin sokkerspel saam met die dorpseuns die hoogtepunt van pret is. En die rede? Ontluikende vroulikheid . . . ’n vloekwoord en blykbaar ’n ongeneeslike siekte. Dis veral juffrou Estelle Huizeman se arendsoog wat die dinge opmerk. Nog meer, daardie fyn oog bespeur ook die manlikheid van hul wewenaar-pa en skoolhoof, Henk Beukes.
Die tweeling besef gou hulle sal ’n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil he nie. Want dis duidelik sy het haar visier ingestel op die aantreklike wewenaar van Jagershoek. Die oplossing: hulle soek eerder self ’n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames.
So word Eensaam op Wegdraai geskep – eensame, aantreklike wewenaar van sewe en dertig, op soek na ’n vrou wat raad kan gee met dertienjarige tweelingdogters.
Al wat Bokkie en Tokkie nou moet doen, is om uit al die aansoeke die regte een te vind. Iemand wat ’n eie ma vir hulle kan wees. Want so ’n vrou sal tog hul pa se hart ook steel, of hoe?
Verworpe silwer Op sy eerste huweliksnag fuif Louis Mocke saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? Jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop?
Wanneer Dottie Willemse, Louis se eertydse liefde, terugkeer met ’n seuntjie aan die hand, ruik Eloffsdal nog ’n Mocke-skandaal waaroor hulle die mond kan uitspoel. Want Darius waarsku Louis: “As ek jou naby haar vang, breek ek jou nek.”
Uit flardes skinderstories en dreigemente probeer Santie sin maak uit die Mocke-raaisel. Waar pas Tanja, Darius se gewese vrou, in? Wat het van haar en Ferdi, haar minnaar en Dottie se broer, geword? Wie is die pa van Dottie se kind? Sy ontken dat dit Louis is . . .
Maar voor Santie al die legkaartstukkies sorgvuldig inmekaar kan skuif, tref ’n ramp die Eloffdallers wat geen mens se lewe onaangeraak laat nie. Ook nie haar en Louis s’n nie . . .
Wag-’n-bietjiebos van die liefde ’n Nuwe geval in Keerboomstraat, H.A. Van der Merwe, keer Lisbe Erwee se geordende bestaan as maatskaplike werker omver.
Hoekom groef daar soveel harde, bitter lyne op die man se gesig? Hoekom moes ’n jong ma sterf en tweelingseuntjies wees agterlaat?
Die wag-’n-bietjiebos by die voorhekkie van Helm se huis is vir hom simbool van sy lewe. Bid dat jou eie lewe nie in ’n wag-’n-bietjiebos vasgevang word nie, waarsku Helm vir Lisbe. ’n Mens het altyd raad vir ander totdat jou eie lewe skielik in die dorings van hoekoms en waaroms verstrengel raak. Wanneer Lisbe op ’n dag self letterlik verstrik raak in daardie bos, word dit ook simbool van die vangtakke waaruit sy haar nie kan ontwar nie. Want erens langs die pad het sy haar hart verloor. En nes Helm, weet sy nie hoe om te ontsnap uit die takke van die wag-’n-bietjiebos van die lewe nie
Скачать
Скачать легальную копию
Просмотров: 33
Пресс - релиз
string(4) "true" int(290)
К настоящему времени нет отзывов!
Рекомендуем
Новая жизнь без трусов
Информация
Свяжитесь с нами
Как скачать и чем читать
Quiero dinero © 2007