’n Nuwe geval in Keerboomstraat, H.A. van der Merwe, keer Lisbe Erwee se geordende bestaan as maatskaplike werker omver. Hoekom groef daar soveel harde, bitter lyne op die man se gesig? Hoekom moes ’n jong ma sterf en tweelingseuntjies wees agterlaat? Die wag-’n-bietjiebos by die voorhekkie van Helm se huis is vir hom simbool van sy lewe. Bid dat jou eie lewe nie in ’n wag-’n-bietjiebos vasgevang word nie, waarsku Helm vir Lisbe. ’n Mens het alt ...
Op sy eerste huweliksnag fuif Louis Mocke saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? Jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop? Wanneer Dottie Willemse, Louis se eertydse liefde, terugkeer met ’n seuntjie aan die hand, ruik Eloffsdal nog ’n Mocke-skandaal waaroor hulle die mond kan uitspoel. Want Darius waarsku Louis: “As ek jou na ...
’n Skaduwee skuif oor Bokkie en Tokkie se sorgelose kaalvoetlewe, waarin sokkerspel saam met die dorpseuns die hoogtepunt van pret is. En die rede? Ontluikende vroulikheid . . . ’n vloekwoord en blykbaar ’n ongeneeslike siekte. Dis veral juffrou Estelle Huizeman se arendsoog wat die dinge opmerk. Nog meer, daardie fyn oog bespeur ook die manlikheid van hul wewenaar-pa en skoolhoof, Henk Beukes. Die tweeling besef gou hulle sal ’n blink plan moet ...
Na twintig jaar in ’n klooster in Frankryk, hoor Rozanne de Savoye dat haar moeder nog leef en waarskynlik iewers aan die Kaap de Goede Hoop woon. Bykans ekstaties van vreugde en opwinding reis Rozanne na die Kaap – om sommer uit die staanspoor met teleurstellings en teenslae te doen te kry. Boonop raak sy vergeefs verlief op Armand le Riche, ’n aantreklike jong avonturier wat haar leer dat die liefde maar net ’n speletjie is. Rozanne se teenwoo ...
Toe Leia as jong skipbreukeling aan die ooskus van Afrika uitspoel, het Tembisa, ’n inboorlingvrou, haar gevind en grootgemaak. Net voor Tembisa se dood het sy vir Leia ’n kosbare goue hangertjie met ’n vreemde embleem daarop gegee. Dit was om haar nek toe sy gevind is. “Jy moet die pad loop waarheen dit jou neem,” het Tembisa gese. “Jy hoort waar die hangertjie vandaan kom . . .” Leia se lewe slaan dan ook onherroeplik ’n nuwe rigting in wannee ...
Dokter Lara Strydom is aanvanklik verslae wanneer sy sien hoe klein Darlingsdrift is, maar haar boesemvriendin Riekie is sterwend en het haar gevra om met haar en Janus se praktyk te kom help. Kort voor lank is sy egter glad nie meer so seker dat sy wil teruggaan stad toe nie, want die dorpie en sy mense begin al hoe meer in haar hart kruip. Veral wanneer sy die aantreklike Paul Sauerman met sy gitswart hare en sy kruppel been beter leer ken. Ma ...
Wanneer dokter Pennie de Villiers haar Anton in ’n vurige omhelsing met ’n ander vrou betrap, is sy verward en verdwaas. Daarom dat sy nie die aanstormende motor sien totdat dit amper te laat is nie. Die bestuurder is arrogant en verwaand, dink sy. Maar die man, Pieter Wasserman, is baie aantreklik – digte swart hare, lang syagtige wimpers, die effense skynsel van baardstoppels op sy sonbruin wange, sensuele lippe . . . Al is sy baie aangetrokke ...
In Engel van my hart moet brildraende Breggie Bruwer vir die beroemde oftalmoloog dokter Graham Condor gaan werk, in Londen. In sy oe veral wil sy mooi wees, maar ai, sy weet hoe onsinnig haar verliefdheid is: dokter Condor weet nie van haar verskroeide vlerke nie en het die wereld se mooistes aan sy voete . . . ...
Rudolf Mulder, jongste multimiljoener in die Kaap, se lewe bestaan uit sport, meisies en partytjies. Totdat die noodlot sonder genade ingryp. Die prys vir ’n oomblik van hartstog met die wulpse, blonde Julia Saunders in sy voortsnellende motor is bitter duur: Wanneer hy sy bewussyn in die Conradie Hospitaal herwin, is sy onderlyf verlam. Nou duik ’n skim op uit sy verlede: die mooi swartkopgeitjie met die blitsende groen oe – suster Jo. Hy kan h ...