Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar Kathleen stem in om eerste te gaan, want sy moet in elk geval aan ’n sakeplan vir haar aanlyn-onderneming werk. Sy het egter nie daarmee rekening gehou dat i ...
Volbloedvrou vir ’n vaalseun: Fransien de Swardt woon haar skoolreunie om slegs twee redes by: na tien jaar wil sy die spoke van die verlede besweer en haar metamorfose van armlastige spoorwegkind na suksesvolle sakevrou onder ’n paar mense se neus vryf. Spesifiek mense soos Tessa de Villiers en Chris de Wet. Maar as Fransien vooraf geweet het sy gaan betrek word by ’n intrige van moord en ou geheime, sou sy twee maal gedink het voor sy die pad ...
Lelanie Ferris wil nie ’n romanse aanknoop tydens haar vakansie in die Kaap nie, maar Dian Bergh met sy groen oe en sterk gestalte toor behoorlik met haar sintuie. Hoe op dees aarde gaan hulle net vriende wees wanneer hulle voortdurend moet spook om hul lippe en hande van mekaar af te hou? Is Lelanie reg om aan te beweeg na die groot ontnugtering wat sy moes oorleef? Sy sien werklik nie kans om nog pyn te ervaar nie. En wie is die blondine wat k ...
In ’n Vrou soos Salome sien die joernalis Jaco Retief ’n weerloosheid in Salome Truter – die liefling-ster van die sangverhoog. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ontdek dan dat daar agter die openbare beeld ’n oneindige hartseer skuil . . . In Die vrou in die spieel word die hoofkarakter een oggend wakker en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar A ...
Drie van Annelize Morgan se beste verhale. In Wit roos van geluk moet Rosalie deur diep water gaan. Sy was net ’n baba toe haar ma haar op oom Markus se stoep neergele het. Maar sy familie wou haar nie op die plaas he nie. En die man wat sy liefgekry het se skatryk pa is ontevrede oor haar verlede . . . In Huis sonder liefde besef Nora Fouche dat die Keppler-huishouding in ’n wolk van geheimsinnigheid gehul is. Waarom duik Paul van der Hoff se n ...
As Lucy Lombaard in Rubens se tyd geleef het, was sy met haar ronde lyf ’n gesogte skoonheid. Maar nou leef sy in ’n eeu waar vrouelywe soos kodestrepies lyk. Om dan nog vir Jan Taks by Bellville se SARS-kantoor te werk dra nie juis by tot haar gewildheid nie. In Lucy se lyf klop daar die hart van ’n feetjie wat veerlig deur die lewe wil gaan. Dis net – vet feetjies kan nie vlieg nie . . . Met die familiefees wat vir haar voorle, het Lucy ’n met ...
Nina neem ’n blaaskansie van haar besig lewe as haarkapper en -stilis in Pretoria om haar ouma Anita Kalahari toe te neem waar sy by haar jarelange vriend, oom Chris, wil gaan kuier. Maar Nina sou nooit kon raai dat die pad na die plaas Geluk haar ook na oom Chris se kleinseun, Ian, sou neem nie – die aantreklikste man wat sy nog ooit gesien het. Vir die eerste keer in haar lewe kry ’n man dit reg om haar voete onder haar uit te slaan. Maar ’n v ...
Van hul skooldae af het almal gedink dat Marlene Burger en Tom Lourens vir mekaar bestem is. Maar Marlene, met haar voorliefde vir avontuur en adrenalien, wou haar nie vroeg reeds aan ’n rustige huislike bestaan bind nie. Nee, sy het luitenant-kolonel Marlene Burger van die SAPD geword, haar plek in ’n manswereld oopbaklei en kriminele laat les opse. Maar nou is daar ’n kans vir Marlene en Tom om weer te probeer om ’n verhouding te he – na hulle ...
In Om alles te weet arriveer Nelis Hoffman een snikhete somerdag op Driekolk, ’n klein nedersetting teen die Oranjerivier. Hy kom die plaasskooltjie van ondergang red, met die hoop dat hy ook homself van sy pynlike wroeging sal kan red. Hy ontmoet die bruuske Boel Meyer, wat hom oplaai en aan sy meisie Nida Thirion by die winkeltjie voorstel. Hy dreig Nelis implisiet om van haar af weg te bly. Dan kom Nelis egter as loseerder in die Thirion-huis ...